Tuesday, January 10, 2012

Woensdag 23 November 2011

Lughawe toe na 'n dolle dolle dag. Ons het eers saam met die kinders gaan inkopies doen en
uiteet by CTFM, en is toe redelik vies vir mekaar uitmekaar. Ek het gestress omdat ons
laat was en ek het gedink die lughawepad het nog twee bane toe want ek moes Lauri
die vorige Vrydag gaan aflaai en toe was dit nog die geval. Gelukkig was die bane oop
en was ons toe heeltemal betyds genoeg om nog iets te drink op die lughawe. Jannie het
saamgery om die bakkie terug te neem en ons moes nog Lauri se sleutels by Stompie kry.

Ons het John en Charlaine toe in die Sjongololo lounge gekry - Johan het me sy sjarme
gereel dat ons kan ingaan en dit was toe darem 'n rustige tydjie voor ons aanboord moes gaan. Die vlug
was redelik vervelig. Lank en via Dakar. Ek was net bang dat ons nie weer gaan opstyg
nie - ek verkies Dakar net uit die vliegtuig uit na my vorige ondervinding van die plek.

No comments:

Post a Comment