Ons staan laat op want one het nog eers die vorige aand alles opgeruim. Ons brunch laat en toe is ons almal Helen toe. Helen is 'n pragtige klein Duitse dorpie wat gebou is in die berge wat dit laat lyk soos 'n Duitse dorpiein die Alpe. Sien
Wikipedia se artikel. Die pad soontoe was net so pragtig en ek het die uitstappie baie geniet.
Ons eet sommer lig en drink allerhande soorte Duitse bier.
Ek koop vir my 'n regte Amerikaanse kwilt by 'n kwiltwinkel (het nog a;tyd die fantasie gehad dat ek eendag kwilte gaan maak) en toe ek die wasinstruksies afhaal en die 'label' wat slegs die koper mag verwyder, toe staan daar 'Made in China'.
 |
| Die riviertjie wat deur Helen loop. |
 |
| Lauri en Charlaine toets die bier |
 |
| Elmie brag met haar ouderdom! |
 |
| Helen se hoofstraat |
 |
| Thinus proe sy bier. |
No comments:
Post a Comment