Ons land op Washington maar omdat dit Thanksgiving is, het hulle die vlugte na Atlanta
se skedule verander en ons verpas ons vlug. Daar sit ons toe 4 ure op 'n baie stil lughawe!
 |
| Thinus op Washington met Starbucks in die hand |
 |
| Charlaine op Washington |
 |
| Die paadjie na die berghuis |
 |
| Die waterstroompie langs die berghuis. Dis pragtig! |
Lauri kry ons en ons ry dadelik berghuis toe. Ons eet lekker by Elmie en toe is ons na ons huisie toe wat hulle vir ons gehuur het in dieselfde ontwikkeling. Daar is soveel kronkelpaadjies deur die bos en teen die berg op en af, ek weet tot vandag toe nie watter kant van hul huis het ons gebly nie. Charlaine het heeltemal seesiek geraak van die heen-en-weer en op-en-af.
No comments:
Post a Comment