Tuesday, January 10, 2012

Sondag 4 Desember 2011

Vroeg op - ontbyt 8am en toe uitcheck uit die hotel en lughawe toe. Die dag is nou korter want ons vlieg oos en wen 3 ure.

Ons moes nog 2 bottels wyn wat ons spesiaal gekoop het vir Vegas op die lughawe uitdrink voor ons deur sekuriteit is want ons het nooiy kans gekry nie. So verpas ons daarna amper die vlug omdat my en Charlaine se sekuriteitsomie so lank neem om ons te prosesseer.

Thinus maak die wyn met sy driepoot oop. Ons drink uit waterbottels wat middeldeur gesny is. 10min toe is 2 bottels opgedrink!



Hoover Dam uit die lug. Dis 'n indrukwekkende dam!

Die Grand Canyon uit die lug.

Sytak van Grand Canyon

No comments:

Post a Comment