Ons Gerbers se trippie Amerika toe om vir Lauri en Elmie te gaan kuier en Elmie se 50e verjaarsdag te vier.
Tuesday, January 10, 2012
Nog Amerika Ervarings
Die hele Las Vegas ervaring was baie interessant - en ons kon die Vegas Parys en Venisie vergelyk met die regte Parys en Venisie waar ons minder as 'n maand tevore was! Die hotelle is regtig die moeite werd om te sien. Die hoogtepunt vir my was die Grand Canyon. Ek wens ons kon bietjie meer daarvan sien, maar om die sneeu te beleef het dit baie spesiaal gemaak.
Die Monte Carlo waar ons die eerste paar aande gebly het
Parys
Venisie
Johan is baie tevrede
Gesteelde foto in Phantom
Hard Rock Cafe
Hierdie is iemand se dogter! Dit breek mens se hart!
No comments:
Post a Comment